Anneliese Burgess, in ’n Slordige muisvoël met geel oë in die tyd van Groot Moeilikheid, Binne+Land, Jun 2026
Excerpt
Hulle was altyd swart, sommige dae duideliker gevorm as ander. As ek wakker word in die oggend. As ek wakker lê in die nag. Dáár iewers, op ’n telefoondraad in my kop. Altyd. Daar. Oomblikke van verontrusting afgewissel met ’n metastatiese onafwendbaarheid in my murg.
Branders. In en uit. En op die draai van elke gety, die hartseer wat nooit huil word nie.
. . . .
Ek leer dat voëls, as wesens wat tussn die aarde en die lug beweeg, gereeld as simbole verskyn.
Woorde is miskien te presies en daarom praat die psige in argetipes wat ouer is as taal. In jungiaanse sielkunde is hulle skade-simbole soos die verstand neig na natuurbeelde wanneer die onderbewuste iets probeer sigbaar maak. In amper elke mitologie ter wêreld dra voëls boodskappe tussen wêrelde: tussen die lewendes en die dooies, tussen die aarde en iets groters as die aarde.
. . . .
In argetipiese sielkunde word beelde nie weggeredeneer of na vaste betekenisse vertaal nie. Hulle moet gevolg, versorg en toegelaat word om hul diepte te openbaar. 'n Beeld is nie bloot 'n prentjie in die kop nie, maar 'n manier van ervaar en 'n manier van ken.
She goes on to quote Emily Dickinson
"Hope” is the thing with feathers – That perches in the soul