--- attrib. to the Buddha by Jack Kornfield, cited to p. 28 in Kornfield's Buddha’s Little Instruction Book by Fake Buddha Quotes, via Anneliese Burgess in Klein glasies, aalwyne en egskeiding.
From Burgess
Kornfield praat oor die harde innerlike stem – wat hy die "innerlike kritikus" of "regter" noem. Dié stem spruit dikwels uit ons kinderjare se kondisionering. Ek is geneig om genadeloos krities teenoor myself te wees oor my mislukkings, struikelings, swakhede en brouwerk, en daar is báie daarvan.
Kornfield sê selfdeernis (ek sukkel met die selfhelptaal😁) is 'n "revolusionêre daad" in Westerse kultuur, waar ons geleer word dat streng wees met jouself die pad na verbetering is. Hy daag dit uit en sê innerlike groei is makliker wanneer ons ook sagter met onsself omgaan.