Saturday, December 06, 2025

A nightmare is a failed dream, a dream that, by not “handling” anxiety, has failed in its role as the guardian of sleep

 --- Irving Yalom, quoted by Anneliese Burgess in Oor die lewe se dwarswinde, Binne+Land, 9 November 2025

Burgess writes

Ek vind Irvin Yalom se benadering tot drome verfrissend prakties en menslik. Hier is wat ek meen hy oor my droom sou gesê het. Eerstens dat die inhoud van die droom nie 'n kode is wat ontsyfer moet nie, maar eerder 'n uitnodiging tot 'n gesprek met myself.

Daardie kloppende hart is die wysheid van die liggaam wat aandring op aandag. Vir hom is tydsberekening nooit toevallig nie. Die feit dat ek droom van iets wat terugkeer na aanleiding van 'n foto uit die Kamdeboo presies 'n jaar gelede, sê iets oor waar ek nou in die lewe is.

Vir Yalom is 'n droom 'n daad van kreatiwiteit; die psige se poging om 'n storie te vertel wat miskien nog te moeilik of pynlik is om andersins sinvol verwoord te word. Yalom moedig ons aan om self betekenis uit ons drome te te skep – nie deur 'n universele droomwoordeboek te raadpleeg nie, maar uit ons kennis van onsself. 'n Groot aspek van sy denke is "eksistensiële angs" – hoe ons beïnvloed word deur ons bewustheid van ons sterflikheid, en die sterflikheid van verhoudings. Verwerping, wat in daardie droom 'n dwarswind was, raak aan 'n universele menslike vrees vir alleenheid en die dood van verbintenisse wat vir ons sin gee.