Dit wil-wil
Noudat die somer sy laaste asem,
goud en bruin, uitblaas oor die stad
skrik ek vir die kennis wat ek dra,
al aan die een kant, en gaandeweg
hel ek oor na inval by wending.
Dis goed om op te ruim, feite,
die dooie vlieë, met die skoppie
uit te gooi. Minder weet, meer wonder.
Dit wil-wil winter word.